Absa KKNK

BELANGRIKE INLIGTING

Absa KKNK 2014
• 29 Maart tot 5 April

Verblyfbesprekings open:

  1. Vir Kl!ekers: Vroeg in Oktober 2013
  2. Vir publiek: Einde Oktober 2013




Nuus

Absa KKNK nooi jong skrywers uit om deel te neem aan teksontwikkeling

17 Mei 2013

As die skrywersgogga behoorlik gebyt het en jy voel jou pennevrug het die vermoë om gehore te bekoor en te vermaak, is die Absa KKNK en die Dagbreek Trust se teksontwikkelingsprojek vir jou bedoel.

Die doel van die inisiatief is om nuwe dramaturge te ontwikkel en ’n stem te gee, sê Theo Kemp, programbestuurder van die Absa KKNK. “Skrywers wie se dramatekste nog nooit opgevoer, uitgesaai of gepubliseer is nie kan aan die inisiatief deelneem. Om die projek ook so toeganklik moontlik te maak word geen inskryfgeld gevra nie en word daar ook geen beperking op die aantal inskrywings per skrywer geplaas nie,” sê Kemp.

Lees Meer

KANNA-TOEKENNINGS MET SWIER GEVIER

5 Mei 2013

Balbesit

Die hele ensemble van die grensverskuiwende teaterproduksie, Balbesit, is gistermiddag by die Mount Nelson Hotel in Kaapstad tydens die Absa KKNK se gesogte Kannas met die Brandhouse Kanna vir Beste Akteur-toekenning bekroon. Dit is die eerste keer dat ’n groep akteurs, en nie ’n individu nie, met hierdie toekenning wegstap. Teaterguru Saartjie Botha se stuk bestaan uit ’n rolverdeling van 24 en handel oor mans se versugting om gehoor te word in die hedendaagse Suid-Afrika. Hierdie drama, waarin musiek en fisieke teater vervleg word, val saam met Botha se Afrikaans Onbeperk vir haar Vernuwende Denke-verering by vanjaar se Kanna-toekennings.

Sandra Prinsloo is verder bekroon as beste aktrise vir haar uitnemende spel in die eenvrou-vertoning, Oskar en die Pienk Tannie, Hennie van Greunen se blitsverkoper-komedie Die Leo’s, waarin sy die verhoog deel met onder meer Tobie Cronje, en Liefde, Anna, wat handel oor die lewe van die veteraan-aktrise, Anna Neethling-Pohl. (Volledige lys wenners onderaan).

Lees Meer

Boekeprojek in sy 15de jaar

18 April 2013

Boekeprojek

Skole en biblioteke oor die land heen ondervind deurlopend 'n ernstige tekort aan boeke as gevolg van onvoldoende fondse. Hierdie opvoedkundige instansies sukkel gevolglik om hul gemeenskappe te voorsien van gepaste leesstof wat nodig is om geletterdheid van jonk en oud te verbeter. Die RSG/Absa KKNK Boekeprojek spreek hierdie kwessie aan deur boeke in te samel vir minderbevoorregte gemeenskappe.

Dié projek, nou in sy 15de jaar, het deur die jare al meer as 'n miljoen boeke ingesamel, en in 2012 het die publiek se ruimhartige skenkings 56 404 boeke vir die projek bymekaargemaak.

Lees Meer

Absa KKNK 2013: KANNA-NOMINASIES

8 April 2013

Trippie

Met die grootste feesprogram in jare, het die Kannapaneel ’n reusetaak gehad om by die meer as 120 produksies, waarvan 52 gedebuteer het, in een week uit te kom. “Ondanks die uitdagings van skedulering en die noodsaak van energiedrankies by tye, was daar oorgenoeg produksies wat die Kannapaneel vir ure teen mekaar opgeweeg het,” sê Erns Grundling, sameroeper van dié paneel. Die Baanbreek-venue is veral uitgesonder as broeikas van kopverskuiwende teater.

Lees Meer

Optredelys by Kaktus op die Vlaktes verander weens siekte

5 April 2013

Kaktus op die Vlaktes
Saterdag (6 April) se Kaktus op die Vlaktes by die Absa KKNK line-up verander weens siekte in twee van die band kampe. Southern Gypsey Queen en Shadowclub sal nie meer optree nie. Maar die nuus is nie alles sleg nie - Hilltop Live het daarin geslaag om Van Coke Kartel en Ryno Velvet in hulle plek te kry wat sal verseker dat alle fesgangers steeds saam met Fokofpolisiekar, Die Heuwels Fantasties, Prime Circle en Goodnight Wembley 'n opregte Rock 'n Roll show kan geniet. Hilltop Live en Absa KKNK wens almal 'n spoedige herstel toe.

Lees Meer

Feesborge
Teken In vir ons Nuusbrief
Absa KKNK on Facebook  Twitter
Copyright © 2013  ::  ABSA KKNK  •  Site by:  WebWorX in Oudtshoorn